SAWDIS Share Buttons

SAWDIS Share Buttons:

01 January 2012

Storms rig groot skade aan in Kwazulu Natal (31 Desember 2011)

Twee mense is dood en drie word vermis na gisternag se storms in die Middelland van KwaZulu-Natal. Reddingspanne het vanoggend lank gesukkel om by die gebiede wat geraak is, uit te kom. Verspoelde paaie het hul taak bemoeilik. 'n Noodhelikopter is ook gestuur om beseerdes op te pik en na hospitale te vervoer. Talle blyplekke in Moorivier, Umsinga, Muden en Umvoti is erg beskadig. Paaie word sedert vanoggend opgeruim om toegang tot die gebiede te kry.

- RSG Nuus