SAWDIS Share Buttons

SAWDIS Share Buttons:

01 January 2012

Man verdrink terwyl hy met vriende swem

Johannesburg – ‘n Man het verdrink terwyl hy saam met vriende by Melkbaai-strand in die Strand geswem het, het die ramp- en risikobestuur in Kaapstad gesê.

Wilfred Solomons-Johannes, ‘n woordvoerder, sê die man het Saterdag met vyf van sy vriende geswem toe hulle besef dat hulle te diep is.

Solomons-Johannes sê die vriende het besef die man is in die moeilikheid toe hulle na die vlakwater teruggekeer het.

Die man was bewusteloos toe lewensredders hom uit die water gehaal het.

Volgens Solomons-Johannes is mond-tot-mond-asemhaling toegepas, maar die man is op die toneel dood verklaar.


- SAPA/Nuus24