SAWDIS Share Buttons

SAWDIS Share Buttons:

28 December 2011

Voorspoedige nat Nuwejaar!

Eendeweer is pret... Daniëla (5, links) en Elisabeth (6) Oosthuizen van Brooklyn baljaar in die waterplasse ná die afgelope dag se goeie reënval in Pretoria. Foto: Lisa Hnatowicz

Dit gaan dalk op Oujaarsaand nog in Gauteng reën, maar die kanse is skraal dat dit op die eerste dag van 2012 sal reën.

Me. Elizabeth Webster, weervoorspeller van die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD), het gesê dit sal van vandag af koel en meestal bewolk bly oor Gauteng.

“Temperature sal in die middel 20’s bly. Die kanse is skraal dat dit Sondag deur die dag sal reën,” het Webster gesê.

“Daar word wel nog reën vir Oujaarsaand voorspel.”

Daar is vandag ’n 60%-kans op verspreide buie in Gauteng, wat teen Donderdag sal daal na tussen 30% en 60% en Vrydag weer sal daal na ’n 30%- kans. Saterdag sal daar weer ’n groter kans op reën wees, maar dit is moeilik om so ver vooruit te sê hoe groot die kans is.

Volgens Webster sal daar waarskynlik Oujaarsaand, net voordat die nuwe jaar opdaag, weer ’n paar buie oor Pretoria en Johannesburg uitsak.

Vir vakansiegangers in Durban is daar ook die naweek vooruitsigte van reën. In die Wes-Kaap word geen reën die volgende paar dae voorspel nie. – Seugnet Esterhuyse

- Beeld