SAWDIS Share Buttons

SAWDIS Share Buttons:

04 December 2011

Voornemens om skole the herstel na Stormskade

Die Oos-Kaapse Departement van Onderwys het 125-miljoen rand opsy gesit vir herstelwerk aan sommige skole wat deur storms beskadig is. Die DA se woordvoerder vir onderwys in die provinsie, Edmund van Vuuren sê die departement het aan die portefeuljekomitee die onderneming gegee dat 62 skole vandeesmaand herstel en opgeknap sal word. Dit volg nadat slegs 52 uit die 114 skole in die landelike Transkei-omgewing wat deur storms beskadig is, herstel is. Storms en swaar reën kom jaarliks van November tot Februarie in die Transkei-omgewing voor.

- RSG Nuus