SAWDIS Share Buttons

SAWDIS Share Buttons:

10 December 2011

Twee seuns verdrink

Kaapstad – Twee 12-jarige seuns het verdrink terwyl hulle in ‘n dam naby Matlala geswem het , het die polisie in Limpopo Vrydag gesê.

“Tumelo Mokoko en Tlau Dipela het saam met ‘n groep vriende by die Matlala-dam by die Mabopane-informele nedersetting geswem toe hulle in die moeilikheid beland het,” het polisiewoordvoerder lt. kol. Ronel Otto gesê.

Die voorval het Donderdag plaasgevind.

“Ten spyte van pogings deur hul vriende om hulle te help, het die twee seuns verdrink.”

Polisieduikers het die lyke uitgehaal. Tien mense het in sewe voorvalle sedert die begin van November in Limpopo verdrink.

- SAPA/Nuus24