SAWDIS Share Buttons

SAWDIS Share Buttons:

10 December 2011

Strate van Soweto onder water

Johannesburg – Klipspruit Valley sowel as Kumalo-straat in Orlando West, Soweto, is ná swaar reën onder water, het die Johannesburg-metropolisie gesê.

Minstens een motoris het weens die vloedwater in die moeilikheid geraak.

“’n Motor sit vas in die water. Nooddienspersoneel is na die toneel ontplooi,” het superintendent Wayne Minnaar gesê.

Die bestuurder van die motor het daarin geslaag om uit sy motor te klim.

Minnaar het motoriste gewaarsku om die Chris Hani-pad, Maroka Nancefield-straat en Armitage-straat as alternatiewe roetes te gebruik.


- SAPA/Nuus24