SAWDIS Share Buttons

SAWDIS Share Buttons:

12 December 2011

Stormskade: Harding, Kwazulu Natal (11 Desember 2011)


Image: Google Maps (Click on image for larger view.)

Die rampbestuurdienste van die Ugu distriksmunisipaliteit aan die KwaZulu-Natalse suidkus het amptenare gestuur om die skade te bepaal wat gisternag deur hael, sterk wind en swaar reën in die gebied aangerig is.  Huise se dakke is afgeruk, bome ontwortel en oeste beskadig.  'n Woodvoerder van rampbestuurdienste, Sthembiso Ngcamu, sê hoewel hulle inligting oor skade ontvang het, was daar tot nou toe geen berigte van ongevalle nie.  Ngcamu sê hulle is voorbereid om die gemeenskappe wat geraak word van tente, komberse en noodvoorraad te voorsien. Twee weke gelede het die Ezinqoleni gebied onder soortgelyke storms deurgeloop.

- RSG Nuus