SAWDIS Share Buttons

SAWDIS Share Buttons:

10 December 2011

Seuns verdrink in gruisgat

Johannesburg – Twee seuns het in 'n gruisgat vol water in Makwassie in die Noordwes-provinsie verdrink, het polisie Saterdag gesê.

Ses kinders het Vrydag na die gruisgat gegaan waar een van hulle, 'n 10-jarige seun, gespog het dat hy beter as die res kan swem, het konstabel Dudu Zwane gesê.

"Toe hy begin sukkel om uit die gruisgat te kom, het 'n negejarige ingespring om hom te help," het Zwane gesê.

Die ander seuns het gehardloop om hulp te soek en die polisie is in kennis gestel. Maar albei seuns is dood by die gruisgat gevind.

Zwane het gesê die vier seuns ontvang tans berading.


- SAPA/Nuus24