SAWDIS Share Buttons

SAWDIS Share Buttons:

09 December 2011

SAWDIS HOLIDAY ALERT 2011/2012

SA spog met 27 blouvlagstrande

Kaapstad – Vakansiegangers wat na Suid-Afrika se kusstreke kom kan hierdie somer kies tussen 27 blouvlagstrande.

Die jongste strand wat blouvlagstatus toegeken is, is Humewood in die Nelson Mandelabaai-munisipaliteit.

Nog 14 strande in die land het aansoek gedoen vir ‘n ontwikkeling- of proeffase in blouvlagstatus.

Blouvlagstatus word jaarliks vir ‘n spesifieke tydperk toegeken, afhangende van die seisoen wat die strand die meeste besoek word.

Die toekenning word slegs gegee ná streng beoordeling deur ‘n Suid-Afrikaanse en Internasionale Blouvlag-paneel en dui dan daarop dat hierdie strande standaarde van uitsonderlike gehalte nagekom het.

Die faktore waarna gekyk word is veiligheid, geriewe, skoonheid, inligting oor die omgewing en omgewingsbestuur.

Gedurende die tydperk wat ‘n blou vlag op hierdie strande wapper kan besoekers seker wees dat streng standaarde geld.

In Suid-Afrika het die ses sub-tropiese strande van KwaZulu-Natal ‘n jaar lange blouvlagstatus, terwyl die koeler water van die Kaapse strande slegs vir twee tot vier maande blouvlagstatus het tydens die somer-vakansieseisoen.

Aan die einde van die seisoen is lewensredders, skoonmakers en sekerheidswerkers nie meer aan diens nie.

– Lees meer by iafrica

–  Nuus24