SAWDIS Share Buttons

SAWDIS Share Buttons:

21 December 2011

SAWDIS Holiday Alert 2011/2012

100 years old and still flying

He is a century old tomorrow and frail, but today Chappie Flemington could still experience the thrill of sitting behind the controls of a Cessna 172 for a flight along the Garden Route coast, albeit in the trainee seat.

The pilot in command was Herman Augustine of Flight Training College at the George Airport, who allowed Chappie to take over the controls once they were airborne.

Chappie’s special friend from Wilderness, Paul Fick, who was also an SAAF pilot with the rank of captain/flight commander of 101 Squadron, initiated the unusual ‘outing’. ER24 transported Chappie to the airport and back and Anton Conradie of ER24 also accompanied Chappie on the flight.

The birthday celebrations are continuing tomorrow when the SAAF, the Moths and the SA Legion are giving Chappie a light finger-lunch party.

According to Abie de Kock, a bomber pilot from the Second World War who also lives in George, Chappie (Johann) is the oldest living pilot from WWII. Chappie still remembers that he logged 23 000 hours before his flying career was abruptly halted by a car accident in 1971 in which he broke his back.

He took flying lessons as a young man while working as a mine shaft timber man in Benoni. In 1941 after the war broke out he joined the SA Air Force as a full-time volunteer and was stationed at Youngsfield. He was later transferred to Port Alfred 43 Air School where helped train air gunners before taking over as flight commander.

In 1943 he was posted to 28 Squadron and two years later joined 5 Wing where part of his duties was to fly South African soldiers back to South Africa from Cairo, using Dakotas.

- George Herald

SAWDIS: The smile tells it all! Chappie we salute you and wish you the best for the future. Herman thanks for making your aircraft available to bring back many happy flying memories to Chappie.  Thanks also to Paul Fick, Anton Conradie and ER24.

Brandstoftekort tref vulstasies



SOMMIGE Shell-vulstasies in die Vrystaat het reeds nie brandstof nie en ander kan binne die volgende paar dae in dieselfde bootjie wees.

Dit kom nadat dié maatskappy verlede Vrydag sy Alberton-depot eers moes sluit weens ’n lekkasie.

Hoewel die lekkasie onmiddellik geïsoleer is, sal die depot eers weer oopmaak as dit veilig is.

Mnr. Elton Fortuin, Shell-woordvoerder, sê die verskaffing van brandstof in die Vrystaat is laag en sommige vulstasies se brandstofvoorraad kan in die volgende paar dae opdroog.

Volgens hom dra die toename in vakansie-verkeer in die provinsie en die feit dat die Shell-depot op Kroonstad help om die tekort in Gauteng te verlig, by tot die lae vlakke van brandstof in die Vrystaat.

Fortuin het gesê die tekort is veroorsaak weens probleme by ’n derdeparty-raffinadery en die lekkasie by die Alberton-depot.

Sommige vulstasies in Bloemfontein, Botshabelo en Thaba Nchu het reeds gister sonder petrol gesit en talle ander se voorraad was laag.

Talle motoriste moes gister by die Shell-vulstasie in Markgraaffstraat weggewys word.

Mnr. Gerhard Beukes, bestuurder van dié vulstasie, sê hulle sit al sedert eergister 18:00 sonder brandstof.

“Hulle het ons gebel en gesê ons sal vanaand (Dinsdagaand) ’n aflewering kry. Op die oomblik het ons net diesel.”

Die Shell-vulstasies in Bayswater, Nelson Mandelarylaan en die Shell Ultra City in Eeufeesweg het gister steeds brandstof gehad.

Volgens ’n petroljoggie by die R&R-vulstasie in Thaba Nchu het hulle sedert Sondag geen brandstof nie.

Sy het gister nie geweet wanneer hulle sou kry nie.

Me. Celest Morris, ’n werker by die Gholfbaan-vulstasie by Maselspoort, sê hoewel hulle gister brandstof gehad het, was hulle verlede week verskeie kere daarsonder.

Fortuin het gesê as alles volgens plan verloop, sal brandstofaflewering teen die einde van die week normaal verloop.

“Ons moedig motoriste aan om hulle van paniekaankope te weerhou omdat dit net die situasie sal vererger. Dit is ook belangrik dat hulle hulself genoeg tyd gee om ’n vulstasie met die regte brandstof vir hul motors te kry, veral as hulle beplan om op ’n lang reis te gaan.”

- Volksblad

Fuel shortage at Kruger Park

The Kruger National Park are hoping suppliers will be delivering fuel to several camps on Wednesday.

Visitors planning to head to the reserve are being urged to fill up their petrol tanks as there is a shortage of unleaded petrol.

The shortage forms part of a nationwide fuel shortage, believed to be caused by a refinery struggling to meet demand.

The Kruger National Park's William Mabasa said, “We have advised visitors who are coming to the park to try and fill up their tanks. We are however doing everything in our power to get unleaded petrol. The situation does not only affect us, it affects the whole region.”

- EWN

Skuif Kersbraai na afdak, sê weerman

VRYSTATERS sal Kersnaweek hul Weber-braaiers maar onder afdakke moet instoot.

Volgens die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) se webtuiste word oor die naweek reën vir Bloemfontein, Welkom en Bethlehem voorspel, maar net dalk kan Kersdag droog wees.

Noord-Kapenaars op Upington en in Kimberley kan volgens die SAWD se voorspelling na ’n warm en droë Kersnaweek uitsien. Op Kuruman word reën vir Vrydag voorspel, maar niks vir die res van die naweek nie.

In Bloemfontein word ’n kans op reën van 60% en 30% vir onderskeidelik Vrydag en Saterdag voorspel, maar nie vir Sondag nie. Die maksimum temperature vir die stad is 30 grade Celsius vir Vrydag en Saterdag en 33 vir Sondag.
Op Bethlehem kan dit lekker nat wees.

Vir Vrydag en Saterdag bestaan ’n 60%-kans op reën en Sondag 30%. Die maksimum temperature vir dieselfde dae is onderskeidelik 25, 28 en 29.

Volgens die weervoorspelling sal dit op Kersdag ook nie in Welkom reën nie, maar wel Vrydag en Saterdag met onderskeidelik ’n 60%- en 30%-kans op reën. Die maksimum temperature hier vir Vrydag, Saterdag en Sondag is onderskeidelik 33, 32 en 34.

Kimberley en Upington sal volgens die SAWD se voorspelling niks reën oor die naweek kry nie.

Kimberley se maksimum temperature vir Vrydag, Saterdag en Sondag is onderskeidelik 31, 28 en 32.

Inwoners van Upington kan op dieselfde dae maksimum temperature van onderskeidelik 34, 26 en 37 verwag. Die maksimum temperature vir Vrydag, Saterdag en Sondag op Kuruman is 31, 30 en 32. Op Vrydag bestaan ook ’n 30%-kans op reën vir dié dorp.

- Volksblad