SAWDIS Share Buttons

SAWDIS Share Buttons:

06 December 2011

Mosselbaai Ontsoutingsaanleg amptelik geopen

MOSSELBAAI NUUS - Die Mosselbaai ontsoutingsaanleg is op Vrydag, 2 Desember deur Mosselbaai se uitvoerende burgemeester, Raadsdame Marie Ferreira geopen.

Die ontsoutingsaanleg bring groter gemoedsrus vir Mosselbaai en sy mense wat tot onlangs ‘n nypende watertekort gehad het. Water word vanaf die see na die aanleg vervoer en dan ontsout. Die resultaat is gesonde vars water. Die projek is deels befonds deur PetroSA en die Departement van Waterwese, terwyl die Mosselbaai Munisipaliteit 'n groot aandeel gehad het.

Hoewel die dorp tans nie waternood beleef nie, het die ontsoutingsaanleg vir die gemeenskap 'n baie groot voordeel. Meer as 300 werksgeleenthede is reeds deur die aanleg geskep, en die area se ekonomie sal oor die algemeen by die aanleg baat.

- Mossel Bay Advertiser