SAWDIS Share Buttons

SAWDIS Share Buttons:

05 December 2011

Man verdrink in dam

Johannesburg – ‘n Twee-en-dertig-jarige man het Sondagmiddag verdrink in die Midmar-dam naby Howick in KwaZulu-Natal, het paramedici gesê.

“Die man se vriende kon hom blykbaar nie meer sien nie en het die owerhede in kennis gestel,” het André Visser, woordvoerder van ER24, gesê.

Hy het gesê die polisie is na die toneel ontplooi en die man se lyk is binne minute uit die water getrek.

Paramedici het hom op die toneel dood verklaar.

- SAPA/News24