SAWDIS Share Buttons

SAWDIS Share Buttons:

01 December 2011

Man sterf in mynongeluk

Johannesburg – ‘n Man is Woensdag dood in ‘n ongeluk by AngloGold Ashanti se Kopanong-myn naby Klerksdorp, het dié maatskappy gesê.

Volgens Alan Fine, woordvoerder, is die man, ‘n skraaptoestel-operateur wat reeds 26 jaar vir die maatskappy gewerk het, omstreeks 13:00 noodlottig beseer in ‘n grondstorting.

Volgens Fine sal die departement van Minerale Hulpbronne Donderdag die myn besoek om ondersoek in te stel.

Die myn het voorlopig alle boor- en dinamietaktiwiteite gestaak.

Pogings word aangewend om die man se familie, wat in Mosambiek woon, te kontak.

- SAPA/Nuus24