SAWDIS Share Buttons

SAWDIS Share Buttons:

26 December 2011

Intydse Weerwaarneming: Twee Riviere, Tsitsikama Berge, Despatch (26 Desember 2011)









Ek stuur weer 6 fotos wat ek geneem het. Ons was by twee riviere toe het daar n storm opgesteek. Ons was diep in die veld by mense vir die dag toe ek die fotos begin neem het van die storm reg langs die Tsitsikama berge. So met die ry het ons fotos van berge geneem en van die onweerswolke. Ongeveer by Jefferysbaai het dit verskriklik gereen tot so voor die Uitenhage afdraai pad. Teen 18h10 het dit in Despatch begin drip en dreun en eweskielik begin dit hard te reen en ek kyk toe gou na die radar kaart en ek sien baie groot rooi kolle en dit begin toe harder reen. (baie lekker ) Die laaste foto het ek in die westelike rigting van Despatch geneem net voor dit begin reen het. Groete Johann Pretorius, Despatch

SAWDIS:  Dankie, Johann.  Jy is 'n regte staatmaker daar in Despatch en omgewing wat weerwaarneming aan betref.  Despatch kan regtig trots wees op jou.  Doen so voort!!