SAWDIS Share Buttons

SAWDIS Share Buttons:

27 December 2011

Intydse Weerwaarneming: Despatch (27 Desember 2011)



Fotos: Johann Pretorius (Klik op fotos om te vergroot.)

Johann Pretorius van Despatch skryf: Dit is nie nodig dat julle my komplimenteer vir my geringe bydrae nie. Ek stuur wat ek waarneem. Soos jy laas vir my gese het dat die mense nie meer na bo kyk nie, dit is waar al die dinge aan die gebeur is sonder dat die mense daarop agslaan. As julle nie die interessante program aangebied het nie het ek niks gehad om met julle te deel nie. Kyk maar net wat se inligting bied julle aan om mense te waarsku van storms en aardbewings vloede en ongelukke wat julle vir almal in die land en seker ook oor die wereld heen met mense deel. Ek kyk nou ook na daardie kind Mikayla wat die slang gepik het nou is daar ook ander mense wat aan hierdie kind dink en simpatie het met haar lyding. Ek stuur weer 2 fotos in die een is in n noord westelike rigting en die ander een is in n westelike rigting van Despatch geneem. Terwyl ek hier tik dreun die weer daar buite en kort kort val daar n bui reen.