SAWDIS Share Buttons

SAWDIS Share Buttons:

28 December 2011

Haelstorm rig skade aan op Dysselsdorp naby Oudtshoorn

Inwoners van 'n plakkerskamp op Dysselsdorp naby Oudtshoorn in die Klein Karoo het begin om hulle hutte te herbou nadat 'n haelstorm vroeer die week meer as 130 mense dakloos gelaat het. Minstens 19 gesinne is sonder huisvesting. 'n Woordvoerder van die plaaslike munisipaliteit, Ntobeko Mangqwengqwe, sĂȘ die raad het boumateriaal aan die inwoners verskaf, drie tydelike behuisingseenhede opgerig en hulle van kos voorsien.

- RSG Nuus