SAWDIS Share Buttons

SAWDIS Share Buttons:

22 December 2011

Fratsstorm tref Mthatha in die Oos Kaap (22 Desember 2011)

'n Fratsstorm wat Mthatha in die Oos-Kaap getref het, het groot skade aan huise aangerig en 'n aantal gesinne op Ntlekisa dakloos gelaat. Die storm wat slegs 'n paar minute geduur het, het huise se dakke afgeruk, bome platgevee en kraglyne afgewaai. Dit volg 'n dag nadat nog 'n storm en weerlig die lewe van 'n 12-jarige seun op die nabygelee Ngcobo geis en die res van sy gesin beseer het.

- RSG Nuus