SAWDIS Share Buttons

SAWDIS Share Buttons:

14 December 2011

Amper brand die Hel

OUDTSHOORN NUUS - Die vinnige optrede van ‘n toerleier en lede van CapeNature het verhoed dat ‘n ernstige veldbrand in Gamkaskloof versprei nadat ‘n motor gistermiddag aan die brand geraak het.

Volgens Roeland Gabriël van Swartberg Mountain Tours was hy met ‘n groep Britse toeriste op pad uit die kloof uit toe hulle op ‘n motor afkom wat aan die brand geslaan het.

Die insittendes was verwoed besig om besittings uit die motor te verwyder en Gabriël het besef dat hy nie met sy brandblusser die brand geblus sal kry nie.

"Ek die mense onmiddellik van die toneel verwyder om hulle uit ontploffingsgevaar te kry en ons het op ‘n veilige plek gestop." vertel hy. Die twee insittendes van die motor, Wessel Oosthuizen (‘n Kaapse fotograaf) en sy vrou was erg geskok en kon nie glo dat hulle motor so vinnig en so verwoestend kon brand nie.

- Oudtshoorn Courant