SAWDIS Share Buttons

SAWDIS Share Buttons:

14 November 2011

Wegholveldbrande in Noordwes


Wegholveldbrande het meer as tweehonderd hektaar weiveld by Vaalboshoek naby Pampierstad in Noordwes afgebrand. Veeboere sê die veldbrand duur reeds meer as vier dae lank. Nog boere het hulle diere na veiligheid verskuif. Hulle vrees dat die brande na ander gebiede sal versprei, indien dit nie gou reën nie. Intussen het die burgemeester van die Groter Taung Plaaslike Munisipaliteit, Kaone, Lobelo, gesê hy is nie bewus van die veldbrande nie. Lebone het onderneem om 'n span uit te stuur om die situasie te bekyk.

- RSG Nuus