SAWDIS Share Buttons

SAWDIS Share Buttons:

30 November 2011

Tannie se pretrit word nagmerrie/ Birthday helicopter ride ends in crash


’n Ondersoeker van die Burgerlugvaartowerheid neem gister foto’s van die wrak van ’n Robinson 44 Raven 2-helikopter wat by die Wonderboom-lughawe neergestort het.  Foto: Liza van Deventer

Gerhard Pretorius

Wat vir haar ’n pretvlug op haar 80ste verjaardag moes wees, het gister in ’n nagmerrie vir mev. Sanna van der Walt van Pretoria ontaard.

Van der Walt, beter bekend as tannie Sanna, se kinders het besluit om haar te verras met ’n pretvlug in ’n helikopter by die Wonderboom-lughawe in Pretoria. Sy het nog nooit voorheen gevlieg nie.

Die helikopter het gisteroggend 08:20 opgestyg. Die pretvlug was egter van baie korte duur toe mnr. André Potgieter se Robinson R44 Raven II net nadat dit opgestyg het, uit die lug geval het.

Potgieter was die medevlieënier. Hy wou nie daarna die vlieënier se naam verstrek nie.

Potgieter, ook eienaar van die Midas-ysterwarewinkel in Montana, het gister gesê hulle is nie seker wat gebeur het nie.

“Ons het geen probleme gehad toe ons opgestyg het nie. Ons het gehover en toe ons vorentoe wou gaan, het iets fout gegaan. Daar was ’n warrelwind wat definitief ’n rol gespeel het.

“Dit het so vinnig gebeur. Ek het my hele lewe voor my gesien verbyflits,” het Potgieter met ’n senuagtige laggie gesê.

Potgieter het vertel hoe die helikopter op sy landingstel geland en toe omgeval het.

“Die vlieënier het uitgespring om die brandstof toe te maak en die battery af te sit en toe het ek uitgespring. Ek het die jonger dame uitgehelp en toe het ons geskree vir ’n mes om die veiligheidsgordel van die tannie af te sny, want sy het vasgesit.

“Ons het haar losgesny en daarna het Wonderboom se nood(diens)werkers opgedaag,” het Potgieter gesê.

Die nooddienswerkers het die helikopter met skuim gespuit om te verhinder dat petroldampe dit aan die brand kon laat raak.

Mnr. Fanie van der Walt, tannie Sanna se seun, het gesê sy ma is met skrape en snytjies na ’n hospitaal geneem.

Die ander insittendes is ongedeerd.

Sy vrou, Letitia, was saam met sy ma, die vlieënier en Potgieter in die helikopter.

Ooggetuies het gesê die helikopter se stabiliseerder, wat aan die stert vas was, het losgebreek en ’n vliegtuigloods sowat 50 m ver weg getref.

- Die Beeld

Birthday helicopter ride ends in crash

Pretoria - An 80-year-old Pretoria woman's family treated her with a helicopter ride on her birthday - but the chopper crashed, according to a report on Wednesday.

But birthday girl Sanna van der Walt escaped serious injury, suffering only a few bruises and scratches.

Co-pilot Andre Potgieter told Beeld newspaper he was not sure what had caused the helicopter to crash at the Wonderboom airport in Pretoria on Tuesday morning.

"The pilot jumped out to close the fuel cap... we then cut the safety belt of the 'tannie' [Van der Walt] with a knife, and got her out," said Potgieter.

No-one was seriously injured. Van der Walt was treated in hospital.

- SAPA/News24