SAWDIS Share Buttons

SAWDIS Share Buttons:

22 November 2011

Nog swaar reën en donderstorms word voorspel vir Kwazulu Natal

Die Suid-Afrikaanse weerdiens voorspel dat nog swaar reën en donderstorms oor die volgende 48 uur in Kwa Zulu-Natal verwag word.  Dit reën sedert die naweek in verskeie provinsies in die land.  Verskeie plekke in Kwa Zulu-Natal is oorstroom.  Rampbestuur is op 'n gereedheidsgrondslag geplaas om op noodsituasies te reageer.  Opklaring word teen die naweek verwag.  - RSG Nuus