SAWDIS Share Buttons

SAWDIS Share Buttons:

15 November 2011

Brandseisoen: Suid en Wes Kaap - Veiligheids Toerusting

Bermon Verster - Uniondale Brandbeskermings Vereniging skryf:
Die Brandseisoen is hier en as ons rondom ons kyk sien ons die skade wat wegholveldbrande al weer veroorsaak het in die Colesberg area. Dit is hartseer as daar mense lewens verloor word en die vele kleinvee wat ook doodgebrand het. Ek is self Voorsitter van ons brandbeskermings vereniging en het na vele navrae net geen antwoorde gekry nie. As daar weer n veldbrand in jou area is kyk na die rookmaskers wat hetsy "Working on Fire " of selfs julle plaaslike Brandweer gebruik. Jy sal niks sien nie punt. Daar is geskikte maskers beskikbaar wat mense beskerm teen rookinaseming wat heeldag moet vure baklei, maar die personeel wat verantwoordelik is vir veiligheid van werknemers sit gewoonlik in kantore met lugversorging. Dit is tyd dat mense met die nodige veiligheids toerusting voorsien word en Suid Afrika is die enigste land wat bos en veldbrande bestry sonder die nodige rookmaskers.

SAWDIS:  Dankie vir jou skrywe.  Die SAWDIS is dit eens met jou siening dat daar gekyk moet word na die nodige veiligheids toerusting vir brand bestryders.  Die SAWDIS het reeds sy kommer uitgespreek oor die sterftes and beserings wat opgedoen word tydens veldbrand bestryding.  Die onderstaande artikel verwys:

Veld fires kill several voluntary fire fighters each year in South Africa. How do we prevent this from happening in future?