SAWDIS Share Buttons

SAWDIS Share Buttons:

21 October 2011

SA Weerdiens waarsku oor uiterste weerstoestande oor die feestyd.

Suid-Afrikaners kan hulle voorberei op oorstromings in Desember. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens sê min reën hierdie lente kan tot uiterste weerstoestande oor die feestyd lei. Die algemene bestuurder van die Weerdiens, Mnikeli Ndabambi sê die korttermyn seisoenale veranderinge wat ervaar word bied langtermyn risiko's. Ndabambi sê die huidige weerpatrone kan dui op moontlike hewige donderstorms en oorstromings in die nabye toekoms in die somer reënvalgebiede. - RSG