SAWDIS Share Buttons

SAWDIS Share Buttons:

11 October 2011

Oos Kaap bak behoorlik!

Port Elizabeth het gister sy warmste dag in Oktober die afgelope 26 jaar ondervind. Die kwik in die stad het tot 39-komma-ses grade celsius gestyg. Nóg warmer toestande is op Patensie, Uitenhage, Coega en Addo ondervind. By Coega aan die kus is 42-komma-nege grade gemeet. Die weerdiens sê dié warm weer word deur bergwindtoestande veroorsaak.  - RSG Nuus