SAWDIS Share Buttons

SAWDIS Share Buttons:

12 October 2011

Moontlikheid bestaan dat meer tornado's in die toekoms in SA sal voorkom.

'n Vooraanstaande klimatoloog het gewaarsku dat Suid-Afrikaners dit dalk moet oorweeg om soos die Amerikaners ook kelders in hulle huise in te rig vir gebruik in die geval van tornado's. Tornado's is in die verlede in dele van die Vrystaat, Mpumalanga, Gauteng en KwaZulu-Natal aangeteken. Die Operasionele bestuurder by die Weerdiens, Mnikeli Ndabambi, sĂȘ daar bestaan 'n moontlikheid dat meer tornado's in die toekoms sal voorkom. Ndabambi het 'n konferensie in Kaapstad bygewoon om die Internasionale Dag van Rampbestuursvermindering te vier.  - RSG Nuus