SAWDIS Share Buttons

SAWDIS Share Buttons:

20 October 2011

Intydse Weerwaarneming: Polokwane - 19 Oktober 2011

Net so ‘n vinnige opdatering:

- Gisternag se storms hier oor Polokwane het so om-en-by 21H00 as ‘n intense elektriese storm begin met wilde oranje en wit weerlig wat sowat 10mm reën binne ‘n uur gebring het.

- In die vroeë oggendure het ‘n tweede sel oor die stad inbeweeg wat met windstote van tot 54.7km/h gepaard gegaan het, maar op die ou einde met net sowat 5mm reën. Die sterk wind het redelik skade aan bome in die area aangerig met takke en blare wat vanoggend oral gestrooi gelê het. Ek het egter tot dus ver geen berigte van eiendomskade gesien nie.

Lyk vir my daar is vannag ‘n verdere kans vir aksie hier in die noorde . . .

Waarnemer: Fred Calitz