SAWDIS Share Buttons

SAWDIS Share Buttons:

18 October 2011

Brand vernietig huis op Boggomsbaai


MOSSELBAAI NUUS - In die vroeë oggendure van Donderdag, 13 Oktober het Steven van Schalkwyk, wat op die hoek van Disa- en Akasiastraat in Boggomsbaai woon, wakker geword en rook geruik! Twee strate verder, in Heidestraat, was die woning van dr. Pieter Kempen en sy vrou, Lidie aan die brand.

Steven het die brandweer ontbied voor hy 'n venster van die huis gebreek het om vas te stel of daar iemand tuis was.

Me. Kempen gee onderwys in George by die Carpe Diem skool en sy en dr. Kempen woon in die week in die skoolkoshuis.

Die brandweer was baie vinnig op die toneel maar kon ongelukkig weinig red. Die stormsterk Suidooster het die skade vererger en die Kempens en inwoners kon net verslae toekyk hoe die huis brand.

Die brand is deur 'n kortsluiting veroorsaak.




- Mossel Bay Advertiser