SAWDIS Share Buttons

SAWDIS Share Buttons:

11 October 2011

Beheerde brand in Outeniquaberge

GEORGE NUUS - Inwoners van George hoef nie bekommerd te wees oor die brand wat tans in die Outeniquaberge woed nie.
Volgens mnr. Gerhard Otto, direkteur van Eden-rampbestuur, is dit die eerste van talle beheerde brande wat hier uitgevoer sal word.

Otto sê Cape Nature, die George-brandweer en Eden-rampbestuur is betrokke by die monitering van die brande. "Ons beskryf dit as isolasie-brande, waar toekomstige brandgevaar geïsoleer word en moontlike brandgevare verminder word.

"Die brand wat tans gemonitor word sal vanaand reeds uitgewoed wees," het Otto gesê.

- George Herald