SAWDIS Share Buttons

SAWDIS Share Buttons:

08 September 2011

Vloedskade aan Suid Kaapse paaie ‘n kopseer


Image: Awie Terblanche (Click on image for larger view.)

GEORGE NUUS - Die provinsiale regering het meer as 150 projekte geïdentifiseer waar paaie binne die Eden-streek herstel moet word.

Minister van Vervoer in die Wes-Kaap, mnr. Robin Carlisle, het aan die George Herald bevestig dat ongeveer R136 miljoen se vloedskade aan paaie binne die Eden-, Karoo en Kaapse Wynlande-streke aangerig is en aandag geniet.

Tydens verlede week se Eden-rampbe-stuur vergadering het die provinsiale padingenieur binne die Eden-distrik verduidelik dat slegs sowat R35 miljoen tans beskikbaar is binne Eden om herstelwerk aan die paaie te doen. "Die res van die geld sal van die provinsiale regering aangevra moet word," sê Prodehl.

Volgens Prodehl kan die nasionale regering help met die befondsing, maar dan moet die gebied as ‘n rampgebied verklaar word.

Ongeveer R5 miljoen se herstelwerk is die afgelope tyd aan paaie gedoen, maar met die laaste reënval het die helfte van die geld weer in die water beland, toe die paaie weer beskadig is.

ARTIKEL: CHRISTO VERMAAK, GEORGE HERALD-JOERNALIS

- GEORGE HERALD