SAWDIS Share Buttons

SAWDIS Share Buttons:

11 September 2011

Die son afgeneem deur die lens van 'n sweishelm.







Fotos:  Johann Pretoriuis  (Klik op fotos om te vergroot)

Johann van Despatch skryf:  Ek stuur hierdie fotos wat ek van die son geneem het. Die eerste vier het ek om 10h00 geneem deur die donker glas van  'n sweishelm en twee sonder die donker glas. Die ander twee het ek met donkerglas om 17h30nm geneem. Met die eerste vier fotos was daar baie wolke en die laaste twee was daar feitlik geen wolke nie.

SAWDIS:  Nou ja hier is iets besonders.   Johan ek moet jou komplimenteer met die idee om die glas van 'n sweishelm te gebruik om fotos van die son te neem.   Ek vind die idee interresant en nie alle daags nie.  Defnitief die mees oorspronklike idee van die maand!! Wonder of ander lesers al so iets probeer het?