SAWDIS Share Buttons

SAWDIS Share Buttons:

06 September 2011

Aardbewing kon bydra tot rotsstortings in die Suid Kaap


GEORGE NUUS - ‘n Aardbewing van 4.1 op die Richterskaal, erge droogte in die Tuinroete en Klein Karoo, asook die daarop volgende swaar reënval, is faktore wat kon bygedra het tot die onlangse twee rotsstortings tussen George en Oudtshoorn.

Mnr. Juan Prodehl, ‘n provinsiale padingenieur, het tydens ‘n Eden-distriksraad rampbestuurvergadering, gesê die 14 Mei 2011-aardbewing, wat in die omgewing van Leeu Gamka sy ontstaan gehad het, kon dalk bygedra het tot die rotsstortings wat sedert Julie in die Suid-Kaap voorgekom het. Die aardbewing is so ver as Knysna gevoel.

Lees meer in hierdie week se uitgawes van die Oudtshoorn Courant en George Herald.

- George Herald

SAWDIS:  Dit is interessant om te verneem dat die rotsstortings tussen George en Oudshoorn moontlik gedeeltelik toe te skryf is aan die aarbewing wat in die Suid Kaap op die 14 May 2011 16h10 SAST voorgekom het. Die SAWDIS het op die 17 Mei 2011 'n waarskuwing uitgereik dat bruê, damme en bergpasse nagegaan moet word vir skade. Lees gerus die volgende artikel in die verband: Damage: Earth Tremor Southern Cape and Little Karoo (14 May 2011 16h10 SAST)

Dit laat mens nogal wonder of inspeksies in die verband uitgevoer is.