SAWDIS Share Buttons

SAWDIS Share Buttons:

24 August 2011

Rotsstorting in Outeniquapas (24 Augustus 2011)

GEORGE NUUS - Nóg ‘n erge knou kan pendelaars in die Suid-Kaap toegedien word. ‘n Groot rotsstorting het vanoggend vroeg op die piek van Outeniquapas plaasgevind.

Mnr. Gerhard Otto, hoof van die Eden-distriksraad se rampbestuur het vanoggend omstreeks 03:00 besluit om die een baan van dié pas, in die omgewing van die rotsstorting, te sluit. Hy sê die provinsiale padingenieur, mnr. Juan Prodhel, sal nou ‘n besluit neem of beide bane vir verkeer gesluit moet word.

Intussen is die Heimersrivierpad, wat tans ‘n alternatiewe roete is tussen George en Oudtshoorn (ná die N12 ook gesluit is weens ‘n rotsstorting) ook gesluit.
Otto sê die Heimersrivier is tans in vloed ná gister se reënval in die Suid-Kaap.

In George is 80mm reën gemeet, terwyl op Mosselbaai 60mm gemeet is.

Otto sê geen erge skade is aangerig deur die stortreën nie, behalwe vir die Outeniquapas-rotsstorting.

ARTIKEL: CHRISTO VERMAAK, GEORGE HERALD-JOERNALIS