SAWDIS Share Buttons

SAWDIS Share Buttons:

01 August 2011

Oos Kaap water tekort eers verby

Die Nelson Mandelabaai metro gaan voort met sy waterbesparingsmaatreëls in 'n poging om te keer dat waterprobleme weer ondervind word. Dié besluit het groot steun gekry van die sakesektor en die gemeenskap. 'n Metro-woordvoerder, Ongama Mtimka sê die Nooitgedach-laevlakskema bly die belangrikste prioriteit. Dit sal water uit die Gariepdam herlei, deur die Sondagsriviervallei na gebiede soos Uitenhage, Despatch, Deal Party en Blue Water Bay.

Al vyf opgaardamme in die Nelson Mandelabaai metro is nou honderd persent vol. Die totale vlak van damme het sowat twee maande gelede 'n gevaarlike lae vlak van dertig persent bereik. Die belangrikste dam, die Impofu, was die laaste dam wat vol geloop het. Die Kouga-, Churchill-, Loerie- en Groendaldamme loop oor.

- RSG Nuus