SAWDIS Share Buttons

SAWDIS Share Buttons:

15 August 2011

Nuwe N12 George - Oudshoorn padsluitingreëls

OUDTSHOORN NUUS - Volgens Gerhard Otto van Eden-rampbestuur kan die 2 alternatiewe roetes wat Vrydag voorgestel is om die rotsstorting op die N12 naby Oudtshoorn mis te ry, nie gebruik word soos beplan is nie.

"Alhoewel daar op Vrydag se vergadering gedink is dat ligte voertuie die Chandelier- en Perdeskoen-paaie sou kon gebruik, is hierdie paaie heeltemal te gevaarlik," verduidelik Otto.

Op hierdie stadium is die Heimersrivier-pad en die Robinsonpas steeds die alternatiewe roetes.

Swaar voertuie mag nie in die oggend tussen 05:00 en 07:00 die Heimersriverpad gebruik nie, en ook nie tussend 17:00 en 19:00 in die aand nie.

- George Herald