SAWDIS Share Buttons

SAWDIS Share Buttons:

11 July 2011

Winkelsentrum brand: drie behandel

Johannesburg – Drie mense is vir rookinaseming behandel nadat ‘n brand by die Pavillion-winkelsentrum in Durban uitgebreek het, het die stad se brandweerdiens Sondag gesê.

“Die drie mense is deur paramedici van ER24 behandel. Twee van hulle is in die hospitaal opgeneem,” het Justin Bateman, woordvoerder, gesê.

Volgens hom het ‘n elektriese substasie in ‘n werkskamer omstreeks 21:00 Saterdagaand aan die brand geraak.

“Ons vermoed daar was ‘n elektriese fout.”

Volgens Bateman is die sentrum vinnig ontruim.

Die sentrum se bestuur was nie onmiddellik vir kommentaar beskikbaar nie en kon dus nie bevestig of die sentrum Sondagoggend weer oop was nie.

- SAPA/Nuus24