SAWDIS Share Buttons

SAWDIS Share Buttons:

06 July 2011

Vlugte van en na Oos Londen normaal maar rowwe seetoestande verwag.

Vlugte in Oos-Londen is terug na normaal nadat vliegtuie gister weens gure weer nie kon opstyg nie. Swaar reën het veral lugverkeer tussen die kusstede - Oos-Londen en Durban - ontwrig. Die woordvoerder van die Lughawensmaatskappy van Suid-Afrika, Collins Naidoo, sê die weerstoestande het sedertdien verbeter en 'n normale vlugskedule kan gevolg word. Opruimingswerk duur intussen voort in dele van die Oos-Kaap, waar besighede en huise in veral Oos-Londen oorstroom het. Minstens vierduisend mense word tydelik in gemeenskapsale gehuisves.

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens in KwaZulu-Natal het gewaarsku dat rowwe seetoestande en deinings so hoog as vyf meter langs die kus verwag word. Die bedryfshoof van die KwaZulu-Natalse Haaieraad, Mike Anderson-Reade, sê die rowwe seetoestande het 'n invloed op die sardyntjieloop vanjaar. Hy sê ten spyte van die ongunstige seetoestande, is nette is by Rockey Beach aan die Suidkus uitgegooi. Anderson-Reade sê hulle verwag egter dat die gure weer die jaarlikse sardyneloop vir eers nadelig sal raak.

- RSG Nuus