SAWDIS Share Buttons

SAWDIS Share Buttons:

11 July 2011

Twee sterf in sinkhuis-brande

Johannesburg – Twee mense het gesterf in brande by hul sinkhuise in Duncan Village in die Oos-Kaap, het die provinsiale polisie Sondag gesê.

‘n Ses-en-twintig-jarige man se sinkhuis het Saterdagoggend vroeg afgebrand terwyl hy daarin geslaap het, het kol. Mtati Tana, woordvoerder, gesê.

In ‘n afsonderlike voorval het ‘n 56-jarige man ook Saterdag gesterf toe sy sinkhuis omstreeks 11:30 aan die brand geslaan het.

“Die bure het na bewering rook uit die sinkhuis sien kom, maar dit was te laat om die man te red,” het Tana gesê.

Die oorsaak van albei brande is onbekend, maar word ondersoek, het hy gesê.

Tana het die gemeenskap aangeraai om waaksaam te wees wanneer hulle paraffienstowe gebruik.

- SAPA/Nuus24