SAWDIS Share Buttons

SAWDIS Share Buttons:

15 July 2011

Trein tref man in Roodepoort

Johannesburg – 'n Man in sy 20's is dood nadat hy Vrydagoggend deur 'n trein in Roodepoort getref is, het paramedici gesê.

Hy het die spoor oorgesteek toe die trein hom tussen die Witpoortjie- en Princess-treinstasies getref het, het Vanessa Jackson, woordvoerder van ER24, gesê.

Die man se identiteit is nie bekend nie.

– Nuus24