SAWDIS Share Buttons

SAWDIS Share Buttons:

24 July 2011

Oslo-aanvalle: 97 beseer, talle vermis

Oslo – Altesaam 97 mense is gewond in die twee aanvalle wat Noorweë geruk het, het die polisie Sondag gesê.

Dit is die eerste keer wat die aantal mense wat in die bomaanval en skietery beseer is, bekend gemaak word.

Volgens die polisie is 92 mense in die aanvalle dood en talle ander is steeds vermis.

Sveinung Sponheim, polisiekommissaris, het aan verslaggewers gesê die polisie is steeds op soek na slagoffers in die geboue in Oslo wat deur ‘n bom geteiken is.

Polisie het vroeër gesê ander mense is steeds vermis ná die skietery op ‘n eiland wat noordwes van Oslo geleë is.

Intussen het dit aan die lig gekom dat die verdagte, Anders Behring Breivik (32), glo die aanvalle op sy eie uitgevoer het.

Dié inligting is bekend gemaak nadat ooggetuies aanvanklik gesê het ‘n tweede gewapende man het deelgeneem aan die skietery op die eiland Utoeya.

Polisie sê hulle probeer vasstel of daar een of meer as een skieter by die aanval betrokke was.

- Sapa - AFP