SAWDIS Share Buttons

SAWDIS Share Buttons:

05 July 2011

Oos Londen lughawe kanselleer vlugte ween gure weer

Sommige vlugte tussen Oos-Londen en Durban moes weens gure weer gekanselleer word. Die woordvoerder van die lughawensmaatskappy sê vlugte sal hervat word sodra die weerstoestande verbeter. Hy het egter beklemtoon dat dit die besluit van lugrederye is om vlugte te hervat. Die bedrywighede by die Port Elizabeth lughawe word nie geraak nie. Swaar reën het in die middestad van Oos-Londen groot skade aan eiendom veroorsaak. Die Beaconbaai Burgersentrum en die hoof biblioteek is gesluit nadat dit oorstroom het. Winkels in die Vincent inkopiesentrum is ook as gevolg van oorstromings gesluit. Talle verkeersligte is buite werking, terwyl die verkeer teen 'n slakkepas beweeg. - RSG