SAWDIS Share Buttons

SAWDIS Share Buttons:

11 July 2011

Minister sê Koeberg is veilig

Die Minister van Energie, Dipuo Peters, sê Eskom het gebeurlikheidsplanne gereed om in die geval van 'n natuurramp 'n kernongeluk by Koeberg te verhoed. Peters sê Koeberg is 'n puik voorbeeld van hoe Suid-Afrika 'n veilige kernkragstasie bedryf om elektrisiteit op te wek. Hoëvlak radio-aktiewe afval, of gebruikte kernbrandstof, word op die terrein gestoor en kan 'n kernramp veroorsaak indien daar 'n lekkasie is. Sy sê die Foekoesjima-kernongeluk in Japan is nie direk veroorsaak deur die aardbewing en tsoenami nie, maar deur die ineenstorting van die aanleg se eie kragtoevoer. Die Minister het gesê indien die kragopwekkers by Koeberg sou ingee, is daar 'n bykomende kragnetwerk wat sal inskop.

Eskom se Kernkommunikasiebestuurder, Carin de Villiers, sê intussen die hoë radio-aktiewe afval of gebruikte kernbrandstof by Koeberg word nie net plaaslik nie maar ook internasionaal 24 uur per dag gemonitor. Sy sê daar is kamera's in die kernbrandstofputte wat deur die Internasionale Atoom-energie-agentskap gemonitor word. De Villiers sê elke 16 to 18 maande doen die Nasionale Kernreguleerder toetse by die aanleg.  Tydens die toetse word die paraatheid van Eskom, die Rampbestuurspanne van Kaapstad sowel as die Weermag deeglik bekyk.

- RSG Nuus

SAWDIS: Interessant dat die minister nou aandui dat Koeberg veilig is.  Is dit as gevolg van die Fukushima kern ramp of is dit om voorbrand te maak vir nog kern aanlegte in Suid Afrika?  Nietemin dit is goed om the weet dat Koeberg aldus die minister veilig is.  Kom on hoop maar dat die minister korrek is en dat Suid Afrika nooit die Fukushima roete hoef te volg nie.