SAWDIS Share Buttons

SAWDIS Share Buttons:

12 July 2011

Kleuter verdrink in swembad

Johannesburg – ‘n Tweejarige meisie het Maandag in ‘n swembad by ‘n huis in Potchefstroom in Noordwes verdrink, het paramedici van Netcare 911 gesê.

Volgens Jeffrey Wicks, woordvoerder, het haar familielede haar gevind waar sy in die swembad gedryf het. Hulle het haar uit die swembad getrek en haar probeer bybring.

Dit is onbekend hoe lank sy in die water was.

Paramedici het haar aan lewensondersteunende toestelle gekoppel en na 'n hospitaal geneem. Sy is dood kort nadat sy by die hospitaal aangekom het.


- SAPA/Nuus24