SAWDIS Share Buttons

SAWDIS Share Buttons:

19 July 2011

Kleuter (2) sterf toe plek van veiligheid in Paarl afbrand


Annelie Maré

Kaapstad. – ’n Kleuterseuntjie is dood en verskeie kinders is sonder heenkome gelaat toe ’n plek van veiligheid in die Paarl gisteroggend vroeg afgebrand het.

Mirriam’s House of Safety is omstreeks 02:30 in vlamme gehul nadat ’n brand vermoedelik in die plakkersbuurt langs die huis ontstaan het.

Lt.kol. André Traut het gistermiddag bevestig dat ’n tweejarige seun in die voorval gesterf het.

“Die polisie ondersoek tans die omstandighede rondom die brand, maar geen misdaad word vermoed nie,” het hy gesê.

Eyewitness News berig dat soveel as 21 kinders in die huis, wat al meer as ’n dekade lank deur me. Mirriam Toni bedryf word, gewoon het.

Toni en die res van die kinders in die tehuis word na verneem word tydelik in ’n plaaslike kerk gehuisves.

- Die Burger