SAWDIS Share Buttons

SAWDIS Share Buttons:

29 July 2011

Ekonomiese koste van paaie weens sneeu word op swat 400 miljoen rand beraam.

Die ekonomiese koste van paaie in KwaZulu-Natal wat weens sneeu gesluit moes word, word op sowat 400 miljoen rand beraam. Die LUR vir koöperatiewe regering, Nomusa Dube sê die verkeersowerheid skat dat goedere met 'n waarde van sowat tien miljoen rand elke uur op die N-3 vervoer word. Die pad was vir 40 ure gesluit gewees. Sneeu het die week groot ontwrigting op talle paaie veroorsaak. Dube sê ook sy het 'n span ontplooi om die behoeftes van gemeenskappe te bepaal, wat deur die sneeu en reën geraak word.

Intussen gaan veevoer aan boere gegee word wat deur die swaar sneeu in dele van die Oos-Kaap geraak word. Die provinsiale departement van landbou se woordvoerder, Thozi Manyisana sê die voer gaan aan kleinskaalse en bestaansboere in die Chris Hani, OR Tambo en Joe Gqabi-munisipaliteite versprei word. Inentings sal ook gedoen word vir vee wat mediese aandag nodig het.

Langafstand  treindienste is herstel ná dit vroeër die week opgeskort is weens swaar  sneeu. Die Passasierspooragentskap sê alle treindienste van Gauteng na  die Oos-Kaap en KwaZulu-Natal is herstel. Vroeër die week het sneeu in  Lesotho, die Drakensberge, Suid-Vrystaat, die Mpumalanga-hoëveld en
hoogliggende dele van die Oos-Kaap die sluiting van talle paaie veroorsaak en langafstand treindienste ontwrig.

- RSG Nuus