SAWDIS Share Buttons

SAWDIS Share Buttons:

28 January 2010

Nuus: Vloed Skade

Swaar re├źn het groot skade aan weiding en oeste in dele van die Noord-Vrystaat aangerig. 'n Groot gebied van sonneblom-en mielielande is onder water en volgens boere beloop die skade miljoene rand. Die Koppiesdam is 100 persent vol, maar die dorp is sedert Dinsdag sonder water aangesien die hoofwatertoevoerpyp onder water is. Van die hoofpaaie wat die dorp met buurdorpe verbind, is ook onder water.

Mense wat langs die walle van die Vaalrivier in die Bloemhof/ Christianagebied in Noordwes woon, is gewaarsku om op hulle hoede te wees of hulle huise te ontruim. Dit volg nadat van die vloedsluise van die Bloemhofdam 'n paar uur gelede oopgetrek is. Sowat tien van die sluise by die dam wat 200-duisend kubieke water hou, is oopgemaak. Nog tweeduisend-500 kubieke meter per sekonde sal later vanmiddag uitgelaat word. Die volume water word verhoog deur die groot klomp water wat van die Vaaldam af kom.

'n Aantal strate op Standerton in Mpumalanga is weens oorstromings gesluit. Die Vaalrivier het oor sy walle gestoot en inwoners in die laagliggende dele is gewaarsku om hulle vir moontlike ontruimings gereed te maak. Taxi-verenigings is ook gevra om die taxistaanplek in die dorp te verskuif. - RSG Nuus